Karla Du Plessis – Spore Op Die Maan Lyrics

elke nuwe plan le hopeloos verfrommel
want iets se: "stomme drommel,
die ruimte le vol rommel"
en ek begin verstaan:
daar is geen nuwe oord om heen te gaan
want kyk, daar le reeds spore op die maan

want die stad blom elke nag
strooi sy saad en skemerdag
breek staalspruite teen die aardkors waar jy gaan
rommelberge groei omheen
en daar's swaelsuur in die reen
en kyk, daar le reeds spore op die maan

waarheen sou ek gaan?
ontvlug is onbegonne
selfs droom is onbesonne
want die wereld is oorwonne
en ek begin verstaan:
daar's geen nuwe paaie om te baan
want kyk, daar le reeds spore op die maan

elke hektaar is verkoop
elke opstal le gesloop
en die wereld wag verwese, in die waan
dat 'n wonder sal gebeur
om sy rusperleers te keer
maar kyk, daar le reeds spore op die maan

vlug na berg of woud..
meen jy dat daar geeneen is
dat jy eindelik alleen is?
ag, verspieders loer op Venus
en ek begin verstaan:
daar is geen nuwe oord om heen te gaan
want kyk, daar le reeds spore op die maan

elke woord is retoriek
elke droom is bloot plastiek
en atoom's die idioom van wie verstaan
iewers moet 'n rusplek wees
vir die afgematte gees-
maar kyk, daar le reeds spore op die maan
duisend donker spore op die maan
kyk, daar le reeds spore op die maan

Hinzugefügt von Guest