Koos Kombuis – Paranoia In Parrow-noord lyrics

Hoe kan ek dit verwoord, ja die lewe gaan nog voort
ek die lees die koerant en drink my gin, bel Laura by die Holiday Inn
maar sy help uit met 'n gesinsmoord, sy help uit met 'n gesinsmoord
Voor die tv drink ek bier, ek wil 'n pyp maak, maar my vrou is hier
die somer weer is drukkend, die tumbledryer weer stukkend
hoe kan 'n mens so Kersfees vier, hoe kan 'n mens so kersfees vier

Chorus:
Dis paranoia in Parow-Noord en alles gaan normaal net soos dit hoort
Ek is 'n doos van Bellville-Oos
Jannie moer vir Sannie blou, ma se kind ek voeter jou, hou op met skrou
bly stil ons kyk die Cosby Show
Voort, voort in Parow-Noord

Ben om die hoek is kwaad, want sy eks-vrou le al weer op straat
daar's geen teken van sy e-time, sy's weg met alles tot die hosepipe
en vergas haarself met die advokaat, sy vergas haarself met die advokaat
Ek droom nou van my Volkskas teller, ek is gebuig soos Uri Geller
die swembad is vol kloor, die tuinjong is vermoor
ek het my vinger nog op die sneller, ek het my vinger nog op die sneller

Dis paranoia in Parow-Noord en alles gaan normaal net soos dit hoort
Ek is 'n doos van Belville-Oos, ek weet ek is veslaaf aan drank
ek is oortrokke by die bank, my dogter is 'n boere-punk
maar dank God ek's ten minste blank, voort, voort

Ek rook zol in die vrugteboord, suip by die vakansie-oord
maar wat se ek by die hemelpoort van my meidnaai en familiemoord
fok voort in Parow-Noord

Submitted by Guest