Juanita Du Plessis – Letras de Ek Is Jammer

Álbum: Jou Skaduwee

Ek vra myself hoekom ek jou seermaak
En hoekom ek jou nooit sê hoe ek voel nie
Dan hoop ek weer die tyd sal alles regmaak
Maar ek besef nooit al die skade wat ek doen nie

My woorde laat jou vlug jaag jou weg
Die donker in, die donker in

Mag die stilte van die nag jou stewig vashou
En die strale van die maan die koue weg hou
Mag die leemte in jou hart jou koers verander
As die wind my woorde saamdra
Ek is jammer
Ek wens jy was nou hier dat ek dit kon sê
Hoe graag ek jou hier by my wil hê
Ek is jammer

My bed is koud my hart is leeg gehuil
Ek mis jou lyf jou arms om te troos
My gedagtes soek verskoning maar dis woordeloos
Ek sal alles wat ek het vanaand vir jou verruil

Mag die eggos van my roepstem jou bereik
Om terug te kom, om terug te kom

Mag die stilte van die nag jou stewig vashou
En die strale van die maan die koue weg hou
Mag die leemte in jou hart jou koers verander
As die wind my woorde saamdra
Ek is jammer
Ek wens jy was nou hier dat ek dit kon sê
Hoe graag ek jou hier langs my wil hê
Ek is jammer

Añadido por Guest