Amanda Luyt – As Jy Aan Eendag Glo lyrics

Meeste ou drome bring heimweë, vrae, verlange en seer
Die waaroms bly tog sonder antwoord
Maar wie weet wat more gebeur
As jy aan eendag glo, nooit terug sal kyk
Kan selfs 'n bêredroom na 'n nuwe een lyk
Gister se bloeisels val, weggevoer deur die wind
As jy aan eendag glo, sal lente jou vind
As jy aan eendag glo, nie dink aan nou
Bly daar 'n sê nou maar, waaraan jy kan hou
Goed dat 'n mens nie weet, oor wat voorlê, moet raai
As jy aan eendag glo, wag iets om die draai
Meeste ou drome bring heimweë, vrae, verlange en seer
Die waaroms bly tog sonder antwoord
Maar dink net wat kan daar gebeur
As jy aan eendag glo, bly drome waar
Dalk is jou mooiste dag, net more al daar
Al is jy nou alleen, byt maar vas en vertrou
As jy aan eendag glo, wag liefde vir jou
Gister se bloeisels val, weggevoer deur die wind
As jy aan eendag glo, sal lente jou vind

Meeste ou drome bing heimweë, vrae, verlange en seer
Die waaroms bly tog sonder antwoord
Maar dink net wat kan daar gebeur
As jy aan eendag glo, nie dink aan nou
Bly daar 'n sê nou maar, waaraan jy kan hou
Goed dat 'n mens nie weet, oor wat voorlê, moet raai
As jy aan eendag glo, wag iets om die draai.

Submitted by Guest