David Kramer – Letras de Die Verlosser

Álbum: Hemel en Aarde

O vir ses lang jare het dit nie gereen nie
Die staal blou hemel het ons nooit geseen nie
Die bokke en skape en diere het gevrek
Moedeloos het ons kop geskud
Die kerk was vol en ons het hard gebid
Die ryk mense ja hulle het almal weggetrek

Een Saterdag middag toe die son gaan sak
Kom daar ‘n vreemdeling aangestap
Hy dra so ‘n guitar ding in hy hand
Hoe oud hy was kan ek nie se nie
Niemand weet wat hy wou he nie
Vir my lyk hy nogal moeilik en astrant

Ek is die verlosser was die reen kan bring
Ek is die man wat vir die wolke sing
En al wat ek wil he is met jou mooiste kind te trou.
Die mense het gelag hulle se ja-nee
Bring vir ons die reen sal ons jou iets gee
Maar die mooiste een ons sal beluit oor die mooiste een vir jou.

Elke uur vir ‘n dag of twee
Dans die verlosser met sy skaduwee
Toe sien ons maar hier kom ‘n wolkie oor die rand
Die hemel trek toe en die weerlig slaan
Die verlosser dans dat die stof so staan
Daai aand val die reen en seen die droee land

En dit reen reen vir ‘n week of twee
Almal wil iets vir die verlosser gee
Almal is so dankbaar en so bly
En ons braai vir hom worsies en ons skink vir hom dop
Hy lag tog te lekker en hy skud sy kop
Jou mooiste kind nou bring haar hier na my

Almal kyk vir almal almal is verstom
Ons dog hy maak ‘n grap en ons lag vir hom
Belofte is belofte is dit nie
Ons sal jou betaal se net wat jy wil he
Jou mooiste kind het ek aan die begin gese
Maar nou kan ek sien niemand gaan haar aan my gee.

Hy vat sy baadjie en hy vat sy tas
Elke ouer hou sy kind styf vas
Hy se mense dit nou jammer maar ek moet waai
Hy vat sy guitar stap die hoofstraat af
Niemand praat nie net die honde blaf
Hulle dink ja loop man, loop maar in jou maai

Die volgende oggend toe die hane kraai
In elke huis hoor jy dieselfde lawaai
Mammas skree my kinders het verdwym
Ons soek die dorp deur ons roep hulle name
Heen en weer in elke ou kamer
Maar al wat ons hoor is die verlosser se refrain

Jaar na jaar het die reen gekom
Ons het ryk geword die veld het geblom
Nogtans het ons dorpie agteruit gegaan
Ons kon nie lag nie die kos had nie geur nie
Ons konnie praat oor wat het gebeur nie
Maar die les van die velosser het almal nou verstaan.

Añadido por Guest