David Kramer – Letras de Piet Bedien

Sy naam, sy naam is Piet Bedien
En hy staan, hy staan in die kantien
En hy ruik nes ‘n rokende paraffien
Ja, sy naam ek sê, sy naam is Piet Bedien

Ja, hy. Hy is verlief op Anna
So sag is haar lippies en haar hanne
En die mense, hulle sê dis darem ‘n skanne
Hoe lol die manne daar met ou Piet se Anna

KOOR:
En sy dans, sy dans, sy dans as die grammophone so draai
Hulle raak benoud, hulle raak so koud
As sy haar boude so lekker swaai (2 x)

As die wind die haan so draai op die kerk se toring
Dan saans is sy drome net vol dorings
En hy wens sy was die queen en hy haar koning
Ja die liefde steek nes ‘n bok se horing

KOOR:
En hy dans, hy dans, hy dans as die grammophone so draai
Hy’s op sy kop, hy’s lief vir sy dop
Môre loop hy weer, sê maar dan koebaai (3 x)

Añadido por Guest