Koos Kombuis – Reconciliation Day lyrics

Album: Bloedrivier

Taliep Taliep
Is laasnag in die kop geskiet
Hulle dink dit was 'n hit
So se sy pa
Taliep Taliep
Hy was die man met die music
Hy was die guru van die ghoemalied in Suid-Afrika

Ons voel so mismoedig
Ons is so hartseer en droewig
Ons is so kwaad en so moerig
Want ons wonder waar is die law
Van vroeg tot laat
Is daar net gangs in die straat
Wat help dit om te praat
Ons is in 'n state of war

Is daar geen antwoord hier
Tussen die duiwel en die diep blou vuur
Ons fight met ons rug teen die muur
'Cos crime shouldn't pay
Die mens wik en God beskik
Maar die mamma's en die pappas skrik
Want hulle kinders is verslaaf aan tik
Op Reconciliation Day

Repeat Reconciliation Day

Taliep Taliep
Is laasnag in die kop geskiet
Hy's in sy eie huis tereggestel
Dis nie die eerste keer my bra
Dat so-iets hier gebeur, jy vra
Hoekom bly die cops dan weg as ons daai number bel?

Ons is so sad en so lonely
Sonder daai man met sy melody
Al daat tunes en daai harmonies deurmekaar
Hy was die prophet of the city
Nou's hy running on empty
Vir altyd in eternity
Ek hoop hy's happy daar

Is daar geen antwoord meer
Is daar dan niemand wat wil reageer
Aan wie moet ons dit rapporteer
Hoe lank moet ons stry
Die strate is vol bloed
Elke dag 'n begrafnisstoet
Hulle steel al ons goed
Op Reconciliation Day

Rpt again

Submitted by Guest