Koos Kombuis – Oorlog Van Die Lem lyrics

Die babbelaas was fokkol teen die bomskok, die anargie was fokkol teen die opfok
Die nagmerries was fokkol teen die elke dag se vrees
Die jippo guts was fokkol teen die stories wat jy lees
Van crack in die lokasies en messe in die straat
Is steeds gister se oop wonde wat nog oopbloei, wat nog praat

Koortjie:
Dis die etter in die sweer van ’48 se vloek,
dis die trane wat ons inhou, al die name in God’s boek
Van die maters van die struggle, en die heroes sonder stem
Dit was afrika se vuurdoop, dit was die oorlog van die lem

En tot vandag is dit die mense sonder kos in hulle pense
wat loop en krap in vullisblikke, en wat sterf in ongelukke
soos die mini-bussies omval en die tsotsies skree en skiet.
In hierdie land van bloed en weerwraak, hierdie skrikkeljaar-gebied
Tussen die rainbow en die riots, die Rizlas en die rush
En die skrale troos van Castle vir al die swartes sonder pas

Koortjie:
Tog vlam ons hoop weer redeloos oor die sunset van ons taal
Wat doen ons in two thousand, dra ek ‘n trui of slaap ek kaal?
Is daar ‘n method in die madness van ‘n baie ou verhaal?

Submitted by Guest