Lize Beekman – Die Engele Lyrics

Sy sê vir my: so is dit dan - die wiel draai
Sou jy ooit kon dink, my kind, hoe vinnig die wiel draai
Kyk weer die foto van my - ek was jonk nes jy
Ag, die wêreld was klein
En nou's dit dit: Huis Napier, kamer 3, spasie 4 x 4

Ag lees nog 'n lyn uit
Brood vir die Engele
En sing nog 'n keer
En roep die engele
Vertel wat het jy al gehoor
Oor die stad van die engele
Ag wat ook al, my kind
Net vir 'n wyle ... 'seblief ... bly by my

Sy sê weer vir my: so is dit dan - die wiel draai
Kry môre pensioen - wou nog so baie doen
Kan jy glo my kind
Kyk weer die foto van my - baie drome nes jy
Ag, die wêreld was myne
En nou's dit dit: eet om 5, bad om 6,
Kwart oor 7 wag en wag
Vir die nag

Ag lees nog 'n lyn uit
Brood vir die Engele
En sing nog 'n keer
En roep die engele
Vertel wat het jy al gehoor
Oor die stad van die engele
Ag wat ook al, my kind
Net vir 'n wyle ... 'seblief ... bly by my

Hinzugefügt von Guest