Die Kat Kom Weer lyrics

Ou Jan Wilson had ‘n kat
wat die ou nie wou verlaat
hy’t alles geprobeer
om die kat daar weg te keer
selfs na die predikant
om raad van hom te kry
die predikant die het gesê
die kat moet daar bly

***maar die kat kom weer
want hy wil nie langer wag
die kat kom weer
net die volgende dag
die kat kom weer
glo vir my dis waar
die anderdag more
was die kat weer daar

hul sit hom op ’n skip
en hul stuur hom na Ceylon
die skip die was gelaai
met twaalfduisend ton
nie ver nie van die land
daar het die skip gesink
en al die matrose
op die skip het verdrink

herhaal ***maar die kat kom weer

hul sit hom in ’n ballon
en die man neem dit aan
om die katjie te gaan gee
vir die man in die maan
die ballon het gebars
met ’n geweldige skoot
drie myl van die plek
lê die man morsdood

***maar die kat kom weer

die boer die sweer toe blou
ja hy sou die kat doodskiet
hy laai toe sy ou sanna
met kruit en dinamiet
hy lê die kat toe voor
die pad wat hy sou neem
die anderdag more
lê daar net vel en been

***maar die kat kom weer
want hy wil nie langer wag
die kat kom weer
net die volgende dag
die kat kom weer
glo vir my dis waar
die anderdag more
was die kat weer daar

die kat sit op die stoep
en hy eet ‘n stukkie kaas
daar kom ‘n skotsman aan
hy maak ‘n groot geraas
die katjie kyk verwonderd
veeg hom met sy poot
die skot speel brittania
die kat skrik hom dood

maar sy gees kom weer
want hy wil nie langer wag
sy gees kom weer
net die volgende dag
sy gees kom weer
glo vir my dis waar
die anderdag more
was sy gees weer daar

Submitted by Guest