Platanna – Ek Is Naar lyrics

Die water in die wyn maak die dors in my bang,
Ja, die drange laat my kruip deur ‘n lang donker gang
O, die nikotien en teer maak my asemhaal swart
Statistieke in koerante bly conscience ook tart

Die jitters van die oggend hou my heeldag deur wakker
In die aand maak die groen in die pypie my makker
Die promise van slaap elke volgende nag
Jaag die skape en hïennas wat vir my staan en lag

Chorus:
Ooh ooh, ek is naar
Ooh ooh, ek is naar

Aan die punt van die reënboog sal ‘n goue pot wag
Oor ‘n jaar kry ek als van belang in my mag
In die blond en die blou sal die voëltjies weer sing
En dan sit ons ook almal saam in ‘n kring

Southern Comfort is ‘n mite teen ‘n hoë prys
En die spoed van die jare laat my ore suis
Daar’s ‘n ding in elke bar stoel wat my ceiling toe skop
Daar’s ‘n gis in elke drankie wat beskawing af dop

Chorus

Bridge:
Waar is die maan?
Wanneer kan ek huis toe gaan?

Die sport op die TV pis my naweke af
Die klippe en die kole maak my kaal voete tough
Die budget van die maand vang my min of meer
En die smile van ‘n blond maak my dimples seer

Die water in die wyn maak die dors in my bang,
Ja, die drange laat my kruip deur ‘n lang donker gang
Die promise van slaap elke volgende nag
Jaag die skape en hïennas wat vir my staan en lag

Chorus

Submitted by Guest