Karla Du Plessis – Hier's Ons Almal Tesaam lyrics

hier's ons almal tesaam
net in vriendskap se naam
met ons erns en ons luim
met ons doen en versuim

laat die sorge vereers
laat net vreugde hier heers
want oor die rand van die glas
lyk dit als nommerpas

in die nag veg 'n vuur
teen die donkerste uur
daar's nog tyd vir plesier
as die vlamme net duur
ons kan lag, skerts en sing
en die onrus verdring
want deur die glasie se steel
lyk die wereld weer heel

hier's ons almal tesaam
net in vriendskap se naam
en ons lag en gesels
oor wat vreugde behels

oor die rand van die glas
lyk ons almal uit pas
en deur die glasie se steel
lyk die wereld weer heel

oor die rand van die glas
lyk ons almal uit pas
en deur die glasie se steel
is die wereld weer heel

Submitted by Guest