Karla Du Plessis – Ver Horisonne lyrics

lank, lank gelede in 'n ver eeu van vrede
het elkeen sy koring vergaar
toe kom daar 'n grysaard en se:"net 'n skerp swaard
sal hierdie rus kan bewaar"
en die klip uit die aarde giet gloeiende swaarde
wat almal met ore kan hoor
ja die hart van die aarde skenk gloeiende swaarde
want wie wil die vrede verloor

en so is die koring deur dissel en doring
verdring waar die plethamers dreun
en toe die landbouer kom kyk oor sy skouer
gewaar hy met skrik hy's alleen
want die klip uit die aarde word glimmende swaarde
en werkywer val voor versland

want honger kom fluister aan die wat sou luister
die swaard koop die oes op die land
wat doen hy vir vrede? kom maak hom die skede
van elke blink swaard in 'n hand
en die klip uit die aarde word bloeiende swaarde
wat vrede bewaar tot die dood
ja, die hart van die aarde giet gloeiende swaarde
wat koring verbrysel tot brood

lank, lank gelede het die boodskap van vrede
versprei soos die windroos se saad
die swaard walg van roes en die arbeid se oes
kan jy nie by 'n landbouer laat
en oor vier horisonne sluip grafstil kolonne
en min wat dit sien wil verstaan
ja, oor vier horisonne kruip donker kanonne
geets in 'n bloeiende maan

Submitted by Guest