Karla Du Plessis – Skadu's Teen Die Muur lyrics

die donker kom van buite
en syfer deur die ruite
en ek gooi nog 'n paar kole op die vuur
en die tafel en die laaikas
en alles wat eers was
versmelt tot blote skadu's teen die muur

ons drome van gister
word somber en sinister
want kyk alles het 'n vasgestelde uur
ons beplan toringblokke
maar die slopers is betrokke
en ons drome is bloot skadu's teen die muur

met orrelbegeleiding
kom die voorspel tot die skeiding
maar dis alles reg, die liefde is 'n vuur
en van die vorige hofmaak
hoor ons later in die hofsaak
want die liefde is 'n skadu teen die muur

in swart of wit getooi
in 'n stoet of in konvooi
wonder elkeen hoelank alles nog sal duur
en leef holderstebolder
want die kis wag op die solder
en die lewe is 'n skadu teen die muur

die donker kom van buite
en syfer deur die ruite
en ek gooi nog 'n paar kole op die vuur
en my voete en my hande
word ou bekende lande
in skadukaarte teen die muur
die wereld word 'n skadu teen die muur
'n flikkerende skadu teen die muur

Submitted by Guest