Grafsteen Sangers – Die Lig In Die Venster lyrics

Daar's 'n lig wat daar skyn in die venster
In ons huisie daar onder in die vlei
En ek weet dat my moeder nou daar wag
Want ek weet sy verlang nog na my!

As die lig daar so brand in die venster
Dan weet ek ek dis geplaas daar vir my
Om my altyd waar ek ook mag swerwe
Veilig deur die gevare te lei

In die lig van die lamp sien ek haar sit
As sy wieg in haar stoel heen en weer
En ek weet as sy so sit dan wag sy
Dat ek eendag na haar terug moet keer.

As die lig daar so brand in die venster
Dan in drome gaan ek na my huis
Want ek verlang na haar en haar liefde
En ek hoop dis die end van my reis

En so brand die ou lamp in die venster
En geduldig wag sy nog op my.
Ontmoet ek haar nooit weer hier op aarde
In die hemel sal ek haar weer kry

Submitted by Guest